Soek jy ekstra wiskunde-oefening vir jou kind? Koop los wiskunde-werkkaarte vir Graad 1 tot 12 — vanaf R25, met memo en juffrou se nasienwerk. Kies net wat jy nodig het; wat jy koop bly permanent joune.
Kies hier onder wat jy wil hê, teken dan in of skep gratis 'n profiel om te betaal — so bly jou werkkaarte altyd beskikbaar as jy hulle verloor.
Laai werkkaarte…
Wiskunde word beter met oefening — nie met meer verduideliking nie. Ons werkkaarte is dieselfde oefeninge wat ons in ons ekstra wiskundeklasse in Meyerton gebruik, en jy kan hulle een vir een koop sonder om by 'n klas in te skryf. Elke werkkaart vat omtrent 10–15 minute, kom met 'n memo, en jy kan 'n foto van die antwoorde instuur vir nasienwerk.
Kort en gereeld werk beter as lank en selde. Tien tot vyftien minute, drie of vier keer 'n week, doen meer vir 'n kind se selfvertroue as een lang sessie oor 'n naweek. Daarom is elke werkkaart kort genoeg om in een sitting klaar te maak.
Graad 1 tot Graad 12. Gebruik die graad-, jaar- en onderwerp-filters hier bo om te sien wat beskikbaar is. Jy kan enige graad se werk koop — party ouers koop 'n vorige graad se werkkaarte om 'n gaping vas te vat, of 'n volgende graad s'n om vooruit te werk.
Ja. Elke werkkaart kom met sy memo, en jy kan 'n foto van jou kind se werk in die app instuur — dan merk die juffrou dit self en stuur terugvoer terug.
Ons werkkaarte is in Afrikaans. Engelse weergawes is op die planke vir later.
Nee. Jy betaal een keer per werkkaart, vanaf R25, en dit bly permanent joune om weer af te laai of te druk. Daar is geen maandelikse fooi nie. 'n Gratis profiel is nodig om te koop, sodat jou werkkaarte altyd vir jou beskikbaar bly.
Ons ekstra wiskunde-klasse in Meyerton werk met klein groepe en persoonlike aandag — met weeklikse werk, vasvrae en 'n telbord ingesluit.
Sien ons klasse